Wie is Ons

Waar plant ons die kosbare saadjie Heer, om wysheid en oorvloed van vrugte te vind?”
Die Meester sê sag met ‘n glimlag teer: “Gaan plant dit vir My in die hart van ‘n kind.”

Welkom!

‘n Hartlike welkom aan alle Kleuterland ouers en leerders. Kleuterland is ‘n enkelmedium Afrikaanse skool wat die gemeenskap waarbinne die skool geleë is, bedien.

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om saam met u deel te wees van die opvoedingsproses van u kind.

Kleuterland strewe daarna om in álles wat ons doen ons Heer se hand te vat.

Ons Storie

Bygedra deur Uzaan Fourie en opgedateer deur Sarlien Terblanche 2023

Gedurende 1982 het ‘n groepie huisvrouens ‘n speelgroep begin wat hulle om die beurt by elkeen se huis sou roteer.  Die aanvanklike rede was dat die Engelse kinders speel-speel met die Afrikaanse kinders die taal sou kon aanleer.

Versoeke om kinders in te neem teen betaling het al meer geword sodat hulle later ‘n klaskamer by die ou Hospitaal ingerig het.  Apparate is aangekoop en ‘n onderwyseres met een hulp is aangestel.  Daar is donasies ontvang en heelwat mense het gehelp om dit alles moontlik te maak.

Astrid Basson, die onderwyseres van daardie tyd onthou:  ”In my foto album het ek ‘n foto van Bertina en Bertus van der Westhuizen waar hulle alleen op die skooltjie se trappe sit en broodjies eet tydens ‘n pouse en 12 jaar later is die 2 weer so saam afgeneem  as Clanwilliam Hoërskool se laaste Hoofmeisie en Hoofseun”.

In die jaar 1983 is die ou Hospitaal aan ‘n Kapenaar verkoop . Nadat daar ‘n volle jaar gesoek is na ‘n ander lokaal, of om finansiële hulp te bekom vir die bou van ‘n skool het alle pogings misluk.  Die publiek het bydraes gemaak en hulle het verkopings gehou en alles moontlik gedoen om fondse te bekom.  In 1984 was hulle bank balans R1 000.00.   Die plaaslike Munisipaliteit kon hulle nie help nie en die destydse Hoërskool Clanwilliam het ingewillig dat Kleuterland slegs vir die 1ste kwartaal van 1984 ‘n klaskamer by die skool kan kry. Daar was aanvanklik 20 kinders waarvan die getal na 27 gegroei het met ‘n lang waglys.

Die moontlikheid het bestaan dat die Kleuterskool grond by die Munisipaliteit kon koop, maar die fondse om te bou het ontbreek, dus was die bestaan van die kleuterskool in die weegskaal.

In 1984 is ‘n brief geskryf aan Die Administrateur van Kaapland om hulp te vra.

In 1987 is die Kleuterskool geregistreer en meegedeel dat hulle die perseel by die Hoërskool Clanwilliam verder kan huur tot op 31 Desember 1987.  In dié jaar het hulle ook met die hulp van baie ouers vir die kleuter kinders ‘n parkie ingerig.

Elke jaar moes hulle heraansoek doen om by die Hoërskool Clanwilliam ‘n klaskamer te huur. 

In 1990 is die Kleuterskool in kennis gestel dat die lokaal vir pre-primêre onderwys beskikbaar sal wees waarvan Elize Jooste die onderwyseres sou wees.

Dit het so goed gegaan met die Kleuterskool dat hulle later ‘n 2de onderwyseres oorweeg het vir die jonger kinders en so is Annemarie Duvenhage eers tydelik aangestel en later in Januarie 1997 het Kleuterland ‘n lokaal by Augsburg Landbou Gimnasium gehuur.   Annemarie Duvenhage is toe permanent aangestel en binne 3 maande het ‘n behoefte bestaan vir ‘n derde onderwyseres. 

Me S Bippers is toe aangestel.   Elize Jooste en haar pre-primêre klassie het mettertyd na Augsburg Landbou Gimnasium se klasse verskuif.   Rondom die tyd het Kleuterland geskuif na die ou Landbou Skool se gebou, en het hulle 3 klaskamers by Augsburg Landbou Gimnasium gehuur. 

Me Uzaan Fourie is toe in 1998 in Me S Bippert se plek aangestel, nadat sy bedank het.  Elize Jooste is ‘n pakket aangebied en het Clanwilliam verlaat en in 2006 is Me Annatjie Vrey aangestel by die 6 jariges tot 2015. 

Twee assistente is ook in die tyd aangestel Me Essie…… en Me Salomie Ruiters. Me Salomie Ruiters het 1999 bedank en me Liouse Barruss is in 2000 aangestel as Assistent in die 4-5 jariges se klas. 

Kleuterland het vir ‘n paar jaar floreer en gegroei na ‘n getal van plus minus 80 leerders. Maar weens onverklaarde redes het die skool se finansies swaar gekry en  het Augsburg se SBL ingegryp om Kleuterland te red, omdat Kleuterland die voer skool van Augsburg is. 

In 2007 het Annemarie Duvenhage bedank en is Me Uzanne Fourie aangestel by die 4-5 jarige groep.

Mev Marlize Kotze is in 2007 aangestel by die 3-4 jarige groep. Me W September is in 2008 aangestel as die 4-5jarige groep se assistent. In 2010 het me Liouse Barruss bedank en is  ….. aangestel as die 5-6 jariges se assistent.  In 2013 is me J Pedro aangestel as die 3-4 jarige groep se assistent. In 2015 is me Lize Louw in die 5-6 jarige groep as assistent aangestel.

Mev Lauren Taljaard is aangestel in Me Annatjie Vrey se posisie in 2016 en het bedank einde 2016. 

Mev Sarlien Terblanche is 2017 aangestel as die Graad R onderwyseres. In 2018 is mev Uzaan Fourie ‘n pakket aangebied en mev Naomi le Roux is in 2019 aangestel as die 4-5jare groep se onderwyseres en Mev Terblanche as hoof. Mev Lize v/d Westhuizen ( Louw) het 2019 bedank en in 2020 het mev Louise van Wyk weer by die Kleuterland span aangesluit en is sy aangestel as die 4-5 jarige groep se assistent en Me W September is geskuif na die 5-6jarige groep as assistent.

2020 het Covid 19 ons land getref en het Kleuterland baie swaar gekry in die tyd. Ons het stelselmatig herstel en kon in 2022 twee groot projekte aanpak. Na 5 jaar se paar en fondse insamel kon die Beheerliggaam van Kleuterland die toilette en parkie opgradeer en vernuwe.

Ons kon in 2023 n tweede gr R klas oopmaak en juffrou Melody aanstel. In 2025 is Louise Mans as geelklas juffrou aanstel en Eden Sass as Groenklas assistent

Ons Help U Kind Ontwikkel, Groei en Leer

Kleuterland is ‘n gesonde onafhanklike skooltjie en bestaan tans (2023) uit 3 klasse met ‘n totaal van 79 leerders.

  • Geelklas is die 3-4 jaar groep (Gr RRR)

Onderwyseres: Mev Louise Mans
Assistent: Me Joane Perdro

  • Rooiklas is die 4-5 jaar groep (Gr RR)

Onderwyseres: Mev Naomi le Roux
Assistent: Mev Liouse van Wyk

  • Blouklas is die 5-6 jaar groep (Gr R)

Onderwyseres: Mev Sarlien Terblanche
Assistent: Me Wilmien September

  • Groenklas is die 5-6 jaar groep (Gr R)

Onderwyseres: Mev Melody Bonthuys
Assistent: Me Eden Sass

 

Wat Doen Ons?

Graad R

Hierdie kleuters gaan in 2027 Graad 1 toe

Hierdie leerders volg die KABV-program wat deur die WKOD voorgeskryf word.

Graad RR

Hierdie kleuters word 5 in 2026. Klasse word aangebied vanaf Maandag tot Vrydag.

‘n KABV-Program wat spesiaal by hierdie ouderdomsgroep se ontwikkeling pas, word gevolg.

Geelklas

Hierdie kleuters word 4 in 2026, en moet reeds “potjie gereed” wees. Klasse word aangebied vanaf Maandag tot Vrydag.

‘n Program wat by hierdie ouderdomsgroep se ontwikkeling pas, word gevolg

Kontak Ons

Vir verdere navrae, inligting of aansoeke om toelating vir u kind, vul asb die onderstaande inligting in. Ons sal so spoedig moontlik met u kontak maak daarna om verdere inligting te verskaf.

Kontak Ons

Afsprake met opvoeders

U is welkom om met u kind se opvoeder te kom gesels. Hierdie gesprekke moet asseblief tussen 12:00 en 14:00 geskied.

Ons onderrigtyd is vir ons belangrik en ons wil dit so min as moontlik onderbreek. U kan ook u kind se opvoeder telefonies kontak tussen 12:00 en 16:00.

Ure

Graad R (Blou- & Groenklas)
Maan – Don: 7:30am – 12:45pm
Vry: 7:30am – 12:00pm

Klasonderwyseres:

Sarlien Terblanche (Blouklas)
Melody Bonthuys (Groenklas)

Graad RR (Rooiklas)
Maan – Vry: 8:00am – 12:00pm

Klasonderwyseres:

Naomi le Roux

Geelklas
Maan – Vry: 8:30am – 12:00pm

Klasonderwyseres:

Louise Mans